MEER INLIGTING
OOR ONS AS
MAATSKAPPY

MEER OOR ONS

Ons wil hê u moet ons Lewens en Besigheids Motto’s ken en verstaan:


Ek glo in God met my hele hart

Ek glo absoluut in myself

Ek ken en respekteer my beperkings

Ek lewe voluit

Ek waag om oor die onmoontlike te droom

MEER OOR ONS

'n Paar dinge oor ons maatskappywat u moet weet! Want hier sonder sal dit u verwar en dit baie moeilik maak om met ons te werk.
Ons is ‘n maatskappy wat buite die “box” dink. Ons haat dit om in “boxes” geplaas te word. Want ons pas nie daarin nie. Daar is ‘n paar baie belangrike dinge wat baie hoog aanslaan. En dit kan enige transaksie met ons breek.

Jy mag nooit gierig wees nie!!!!

Want ons doen nie met gierige mense besigheid nie!!!
1.1 Ons werk slegs op uitnodiging. Daarom behou ons die reg om te besluit of ons besigheid met iemand wil doen of nie.
1.2 Ons is dus ook nie omkoopbaar nie. Want ons besigheid gaan nie oor geld alleen nie. Maar dit is geskoei op ‘n besigheids verhouding om aan jou ‘n holistiese diens te lewer. Ek wil nie net daar wees om vir jou geld te maak nie, (want dan gaan jy gierig raak) maar ek wil jou ook help jou lewe uitsorteer indien dit nodig is.


Kennis

Jy moet kennis hê – maar dit is nie ‘n “dealbreaker” nie, want ons spesialiseer daarin om dit vir mense te leer.


Dissipline

Jy moet dissipline hê – maar weereens is dit nie ‘n “dealbreaker” nie want dit is ook deel van ons proses met elke klient.


Persoonlike Kontak

Ons werk nie op emails en telefone nie. Ons glo nog aan persoonlike kontak. Daarom kan jy nie met ons besigheid doen indien ons jou nie persoonlik ontmoet het nie. Maak nie saak waar jy woon nie, ons sal na jou toe ry om jou te ontmoet. Nadat ons die eerste keer ontmoet het, dan kan dinge op emails en telefone gedoen word. Maar ons wil jou weer sien. Ons wil daardie persoonlike kontak behou. Want jy is nie net ‘n nommer of naam in ons boeke nie. Jy is kosbaar en baie belangrike vir ons.


Jesus Christus

En dan die mees belangrikste deel: “As jy nie van Jesus Christus wil hoor nie, moet asseblief nie met ons besigheid doen nie. Want ons besigheid is aan God opgedra. Ons loop nie met die Bybel onder die arm nie, maar ons gaan verseker jou vertel hoe goed God vir ons is. Ons gaan dit ook uitleef sodat jy dit kan sien.”
Naskrif: Dit sê nie dat ons nie gaan foute maak nie, onthou ons is gewone mense wat maar net baie lief is vir God onse Vader, daarom is ons bereid om te erken as ons fouteer, en ons is bereid om dit reg te stel. Wys ons daarop, en ons kan dit bespreek, en is oop vir oortuiging.


Eerlikheid

Dit is ook baie belangrik dat jy die volgende moet besef: ONS DOEN GEEN TRANSAKSIES ONDER DIE TAFEL NIE - veral nie wat belasting aanbetref nie. Ons steek niks weg nie want die sogenaamde verskansing van geld vir die belastingsgaarder is steel van geld. Moenie eers vra daarvoor nie. Ons sal jou wel eerlike tegnieke leer wat jou in 'n finansiele posisie sal plaas dat jy nie nodig het om bekommerd te wees daaroor nie.


EXTREME BUSINESS SOLUTIONS


Die Besigheidsoplossings-Afdeling se fokus is om ons kliente se hardverdiende inkomste, effektief aan te wend.